Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Indapamied | |
---|---|
Chemie | |
Chemiese formule | C16H16ClN3O3S |
Molêre massa | 365.835 g/mol |
Voorkoms | wit tot geel, kristallyn |
Smeltpunt | 161 |
Oplosbaarheid | 75 mg/L |
CAS-registernommer | 26807-65-8 |
Farmakokinetika | |
Proteïengebonde | 71-79% |
Metabolisme/uitskeiding | Lewer |
Eliminasie-halfleeftyd | 14–18 uur |
Indapamied is 'n tiasied-verwante diuretikum wat algemeen gebruik word in die behandeling van hipertensie (hoë bloeddruk), asook tydens hartversaking.
Indapamied is in 1974 op die mark geplaas deur Servier Laboratoires van Frankryk.[1] Dit word sedertdien onder verskeie handelsname, ook generies, bemark. Die bekendste name is Natrilix, Fludex en Lozol (VSA).[2] Kombinasiepreparate met perindopril ('n AOE-remmer) is ook beskikbaar.